1 Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin. 2 God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in …
Romeine 12
1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. 2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle …
Romeine 15
1 En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie. 2 Want elkeen van ons moet die naaste behaag met die oog op wat goed is tot stigting. 3 Want ook Christus …
Romeine 16
1 Ek beveel by julle aan ons suster F,b,, wat ‘n dienares is van die gemeente in Kenchr,ë, 2 dat julle haar ontvang in die Here, soos dit die heiliges betaam, en haar bystaan in elke saak waarin sy julle nodig mag hê. Want sy was vir baie ‘n beskermster …
1 Korintiërs 1
1 Paulus, ‘n geroepe apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder Sosthenes, 2 aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek …
1 Korintiërs 2
1 En toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die getuienis van God kom verkondig met voortreflikheid van woorde of van wysheid nie, 2 want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde. 3 …
1 Korintiërs 3
1 En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus. 2 Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog …
1 Korintiërs 4
1 So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God. 2 En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word. 3 Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur ‘n menslike regbank beoordeel …
1 Korintiërs 5
1 ‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het. 2 En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie …
1 Korintiërs 6
1 Durf iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie? 2 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die …