1 As ‘n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou ‘n teken of wonder aankondig, 2 en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop — wat jy nie geken het nie …
Deuteronomium 14
1 Julle is kinders van die HERE julle God; julle mag julle ter wille van ‘n dooie nie stukkend kerwe of ‘n kaalte tussen julle oë maak nie. 2 Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te …
Deuteronomium 15
1 Aan die einde van sewe jaar moet jy ‘n kwytskelding laat plaasvind. 2 En dit is die saak van die kwytskelding: elke skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en sy broer nie aanmaan nie, want tot eer van die HERE is …
Deuteronomium 16
1 Onderhou die maand Abib en hou pasga vir die HERE jou God; want in die maand Abib het die HERE jou God jou in die nag uit Egipte uitgelei. 2 En jy moet vir die HERE jou God as pasga kleinvee en beeste slag, op die plek wat die …
Deuteronomium 17
1 Jy mag aan die HERE jou God geen bees of stuk kleinvee waaraan ‘n liggaamsgebrek, iets slegs, is, offer nie; want dit is vir die HERE jou God ‘n gruwel. 2 As by jou, in een van jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee, ‘n man …
Deuteronomium 18
1 Die Levitiese priesters, die hele stam van Levi, mag geen deel of erfenis saam met Israel hê nie; van die vuuroffers van die HERE en van sy erfdeel moet hulle eet. 2 En hy mag geen erfdeel hê onder sy broers nie; die HERE is sy erfdeel soos Hy …
Deuteronomium 19
1 As die HERE jou God die nasies uitroei wie se land die HERE jou God jou sal gee, en jy hulle uit hul besitting verdrywe en in hulle stede en in hulle huise woon, 2 dan moet jy vir jou drie stede afsonder in jou land wat die HERE …
Deuteronomium 20
1 As jy na die oorlog uittrek teen jou vyand en perde en strydwaens sien, ‘n volk meer in getal as jy, dan moet jy vir hulle nie vrees nie; want die HERE jou God wat jou uit Egipteland laat optrek het, is met jou. 2 En as julle na …
Deuteronomium 21
1 As hulle in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, een vind wat dood in die veld lê, sonder dat dit bekend is wie hom gedood het, 2 dan moet jou oudstes en jou regters uitgaan en die afstand meet …
Deuteronomium 22
1 Jy mag die bees van jou broer of sy stuk kleinvee nie sien ronddwaal en jou vir hulle verberg nie; jy moet hulle sekerlik na jou broer terugbring. 2 En as jou broer nie naby jou is nie en jy hom nie ken nie, moet jy dit in jou …