1 Hoor die woord wat die HERE oor julle gespreek het, o huis van Israel! 2 So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie. 3 Want die insettinge …
Jeremia 11
1 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het: 2 Hoor julle die woorde van hierdie verbond, en spreek met die manne van Juda en met die inwoners van Jerusalem 3 en sê vir hulle: So spreek die HERE, die God van Israel: Vervloek is die man wat …
Jeremia 12
1 Regverdig is U, o HERE, as ek met U sou twis. Tog wil ek oor regsake met U spreek: Waarom is die weg van die goddelose voorspoedig? Waarom lewe hulle rustig, almal wat ontrou bedrywe? 2 U het hulle geplant, ook het hulle wortel geskiet; hulle groei, ook dra …
Jeremia 13
1 So het die HERE vir my gesê: Gaan koop vir jou ‘n linnegord en bind dit om jou heupe; maar laat dit nie in die water kom nie. 2 En ek het die gord gekoop volgens die woord van die HERE en dit om my heupe gebind. 3 Toe …
Jeremia 14
1 Die woord van die HERE wat tot Jeremia gekom het weens die groot droogte. 2 Juda treur en sy poorte verval; hulle sit in rou op die grond, en die geskreeu van Jerusalem gaan op. 3 En die vernames onder hulle stuur hulle ondergeskiktes na die water; hulle kom …
Jeremia 15
1 Maar die HERE het vir my gesê: Al staan Moses en Samuel voor my aangesig, my siel wil niks van hierdie volk weet nie; dryf hulle van my aangesig af weg, en laat hulle heengaan. 2 En as hulle jou vra: Waar moet ons heengaan? sê dan vir hulle: …
Jeremia 16
1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: 2 Jy mag vir jou geen vrou neem nie, en jy mag geen seuns of dogters hê in hierdie plek nie. 3 Want so sê die HERE van die seuns en die dogters wat in hierdie plek …
Jeremia 17
1 Die sonde van Juda is geskrywe met ‘n ystergriffel, met ‘n diamantpunt; dit is gegrif op die tafel van hulle hart en op die horings van julle altare — 2 telkens as hulle kinders aan hulle altare dink en aan hulle heilige boomstamme by die groen bome, op die …
Jeremia 18
1 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het: 2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor. 3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om …
Jeremia 19
1 So sê die HERE: Gaan koop vir jou ‘n pottebakkerskruik, saam met oudstes uit die volk en oudstes uit die priesters. 2 En gaan uit na die dal van die seun van Hinnom wat voor die ingang van die Potskerwepoort lê, en roep daar uit die woorde wat Ek …