1 Daarna weer het ek gesien al die verdrukkinge wat onder die son plaasvind, en kyk, daar was trane van verdruktes, en vir hulle was daar geen trooster nie; en aan die kant van hulle verdrukkers was mag, maar daar was vir hulle geen trooster nie. 2 Daarom het ek …
Prediker 5
1 Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ‘n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees. 2 Want soos die droom kom deur baie drukte, so …
Prediker 6
1 Daar is ‘n onheil wat ek gesien het onder die son, en wat swaar druk op die mensdom: 2 ‘n Man aan wie God rykdom en skatte en eer gee, sodat hom niks ontbreek van alles wat hy kan begeer nie, maar God stel hom nie in staat om …
Spreuke 22
1 ‘n Naam is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud. 2 Rykes en armes ontmoet mekaar, die HERE het hulle almal gemaak. 3 ‘n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf. 4 Die loon van nederigheid …
Prediker 7
1 ‘n Goeie naam is beter as goeie olie, en die sterfdag beter as die geboortedag. 2 Dit is beter om te gaan na ‘n klaaghuis as om te gaan na ‘n huis van maaltyd; want die eerste is die einde van al die mense, en die lewende kan dit …
Spreuke 23
1 Sit jy aan om saam met ‘n heerser te eet, let dan net op wat voor jou is, 2 en sit ‘n mes op jou keel as jy ‘n goeie eetlus het. 3 Moenie sy lekker ete begeer nie, want dit is bedrieglike spys. 4 Vermoei jou nie om …
Prediker 8
1 Wie is soos die wyse, en wie weet die verklaring van die dinge? Die wysheid van ‘n mens verhelder sy gesig, en die hardheid van sy gesig word daardeur verander. 2 Ek sê: Neem die bevel van die koning in ag, en wel ter wille van die eed by …
Spreuke 24
1 Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie. 2 Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite. 3 Deur wysheid word ‘n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig; 4 en deur kennis word die kamers gevul …
Prediker 9
1 Want dit alles het ek ter harte geneem en dit alles het ek probeer deurgrond, dat die regverdiges en die wyse manne en hulle dade in die hand van God is, liefde sowel as haat; die mens weet niks van wat hom voorlê nie. 2 Alles is gelyk vir …
Spreuke 25
1 Dit is ook spreuke van Salomo, wat die manne van Hisk¡a, die koning van Juda, versamel het. 2 Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur. 3 Die hoogte van die hemele en die diepte …