1 Ag, was u maar vir my soos ‘n broer wat aan die borste van my moeder drink! As ek u daar buite vind, ek sou u kus; en tog sou hulle my nie verag nie. 2 Ek sou u lei, ek sou u bring in die huis van my …
Hooglied 7
1 Hoe mooi is u skrede in die skoene, o edele dogter! Die golwende lyne van u heupe is soos halssierade, ‘n werk van kunstenaarshande. 2 U nawel is ‘n ronde kom — laat die gemengde wyn nie ontbreek nie. U liggaam is ‘n hoop koring, omring deur lelies. 3 …
Hooglied 6
1 Waar het u beminde heengegaan, o skoonste onder die vroue? Waarheen het u beminde hom gewend, dat ons hom saam met u kan soek? 2 My beminde het afgeloop na sy tuin, na die balsembeddings om hom te vermaak in die tuine en om lelies te versamel. 3 Ek …
Hooglied 5
1 Ek het in my tuin gekom, my susterbruid, ek het my mirre met my balsem gepluk, ek het geëet van my heuningkoek met my heuning, ek het gedrink my wyn met my melk; eet, vriende, drink en word dronk, bemindes. 2 Ek het geslaap, maar my hart het gewaak. …
Hooglied 4
1 Hoe mooi is u tog, my vriendin, hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe deur u sluier heen; u hare is soos ‘n kudde bokke wat van die gebergte van G¡lead afgolf. 2 U tande is soos ‘n kudde pas geskeerde skape wat van die drinkplek …
Hooglied 3
1 Op my bed snags het ek gesoek na my sielsbeminde, ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie. 2 Ek wil dan opstaan en in die stad rondgaan, in die strate en op die pleine wil ek na my sielsbeminde soek; ek het na hom gesoek, maar …
Hooglied 2
1 Ek is ‘n narsing van Saron, ‘n lelie van die dale. 2 Soos ‘n lelie tussen die dorings, so is my vriendin onder die dogters. 3 Soos ‘n appelboom onder die bome van die bos, so is my beminde onder die seuns. Ek het verlang om in sy skaduwee …
Hooglied 1
1 Die hooglied van Salomo. 2 Laat hy my kus met kusse van sy mond; want u liefde is kosteliker as wyn. 3 U salf is aangenaam van geur, u naam is soos salf wat uitgegiet is; daarom het die jonkvroue u lief. 4 Trek my agter u aan, laat …
Prediker 12
1 En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie — 2 voordat die son en die lig en die maan en die sterre verduister word en die …
Prediker 11
1 Werp jou brood uit op die water, want n verloop van baie dae sal jy dit vind. 2 Gee ‘n deel aan sewe, ja, ook aan agt; want jy weet nie watter onheil daar op die aarde sal wees nie. 3 As die wolke vol reën is, giet hulle …